Out of the horse's mouth, "Op ons Oos-Vrystaat plaas is ons die meeste van die tyd op die rug van 'n perd om vee te werk, lyndrade instand te hou of sommer net die natuurskoon te geniet.
Ek het oorspronklik 'n STARE saal aangekoop vir plessierrite om so bietjie spoggerig te wees. Die STARE saal is uniek in vele opsigte en daar is daar ook 'n 5 jaar waarborg op die saalboom. Ek besit nou 3 verskillende STARE saals wat ek daagliks op die plaas gebruik.
Omdat ek baie ure op 'n perd se rug deurbring is gemak vir my uiters belangrik. Ek hou ook van die kleurskakerings en hoe die saals verouder met genoeg olie.
Vir my is dit 'n pluspunt dat oom Hendri net 'n oproep ver is en dat hy presies vir my maak waarvan ek hou.
STARE saals is dus geskik vir elke dag se plaaswerk en ook vir die plessierrite. Oom Hendri doen ook uitstekende herstelwerk en maak ou saals sommer splinternuut. Vra hom gerus ook oor sy nuwe buikgord wat hy ontwikkel het! Jy sal nie 'n fout maak as jy die besluit neem om besigheid met STARE te doen nie" - Jacobus Swanepoel